Rugby
Gimnasium speel in die WP-liga en skryf jaarliks die volgende spanne in:
0.14, 0.15 en 0.16 speel met 4 spanne elk en die 0.19’s speel met 6 spanne.
Teen die groter rugbyskole en tydens Interskole speel ons gereeld met 20 tot 22 spanne.
TOERNOOIE:
- Die 0.14-groep gaan jaarliks na die Outeniquatoernooi op George (April)
- Die 0.15-groep woon jaarliks die toernooi by HJS in die Paarl by. (April)
- Die 0.16-groep neem aan ons eie toernooi deel.
- Die 0.19-groep neem aan ‘n Paastoernooi in Johannesburg deel. (April)
0.16 Toernooi
Die grootste toernooi in die land met ongeveer 28 spanne wat deelneem. Alle spelers en afrigters word in ons koshuise gehuisves.
Provinsiale en nasionale spelers:
Ons is baie trots op al die nasionale spelers wat die skool al opgelewer het. Ons het tot op hede reeds 26 Springbokke.
Ons lewer jaarliks ook ons aantal provinsiale spelers op. Ook in die SA Skolespan word ons oor die afgelope aantal jare goed verteenwoordig.
|