Gimnasium het jaarliks vier geleenthede waartydens die WP Bloedoortappingsdiens 'n bloedskenkkliniek by die skool kom hou. Leerders wat 16 jaar oud is, 50 kg weeg en nie medikasie gebruik nie, kan bloed skenk. Die poging van Gimnasium se bloedkomitee is om leerders aan te moedig om 'n nuwe skenker na 'n bloedskenkgeleentheid saam te bring.

Die grootste waarde van bloedskenk lê daarin dat Gimmies reeds van jongs af die geleentheid kry om 'n positiewe bydrae tot die gemeenskap te maak. Navorsing toon dat jong skenkers gereeld skenk nadat hulle die skool verlaat het.

Tydens die Desembervakansies en wintermaande het die Suid-Afrikaanse Bloedoortappingsdiens telkens 'n tekort aan bloed. Gedurende die wintersmaande is daar 'n groot tekort aan bloed omdat baie skenkers griep of verkoue het en nie mag skenk nie.

Die bloedskenkgeleenthede vind op die volgende datums om 13:00 tot 16:00 in Huis McFarlane se ontspanningsaal plaas:

BLOEDSKENK 2018

  *   24 Januarie 2018
  *   26 Maart 2018
  *   20  Augustus 2018
  *   22 Oktober 2018







Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

   



School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2018 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2018 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video

My School



Makro M-Student

Gimmie Ondersteuners Items