Die Sollie is Gimnasium se glansblad skooltydskrif. ‘n Baie bekwame redaksie sorg vir artikels, resensies, rubrieke, puik foto’s, aktuele en sosiale nuus.
Gedurende die afgelope tyd is Die Sollie telkens aangewys as die nasionale wentydskrif in ‘n Media24-kompetisie. Ons joernaliste ontvang opleiding en werk hard om ‘n tydskrif die lig te laat sien wat Gimnasium se bedrywighede en mense bekend te stel.
Onder die lesers tel al die leerders, ouers en mense wat graag meer van die skool te wete wil kom. Ons tydskrif reis dwarsdeur Suid-Afrika en beland selfs by oud-Gimmies wat oorsee woon.
Die kernredaksie neem die leiding met die samestelling van die tydskrif. Vanjaar is die redakteur Leandri Oberholzer en Nerina le Roux is subredakteur. Hulle word ondersteun deur Willem van Staden en Elizabeth Labuschagne.
Die Sollie is vanjaar 34 jaar oud en die eerste redakteur, Wimpie Kellerman, se dogter Marezaan is ook op die redaksie.






