Noord-Suid vriendskapsprojek
- 2013

Vanjaar beleef Oslo Handelsgimnasium en Paarl Gimnasium die veertiende jaar van samewerking.  Die langsbestaande projek tussen ‘n Noorweegse en Suid-Afrikaanse skool.  Dit is verder die derde jaar waarin daar rondom die tema, verdraagsaamheid en inklusiwiteit, besin en gewerk word.

56 graad 11-leerders het aanvanklik aansoek gedoen en na vier intensiewe rondtes waarin hul kennis en vaardighede weldeeglik getoets is, is die volgende groep saamgestel:

Tertia Blignaut, Marli Grobbelaar, Heinrich Hattingh, Nerina le Roux, Willem Moolman en Christo Strydom.  Die groep vertrek op 5 Mei na Oslo onder die leiding van mevv. Tania van der Schyf en Sarah van der Merwe.

Intussen het die noorse regering deur die Noord-Suidkantoor geld bewillig vir die Suid-Suidsentraal na Zanzibar in Oos-Afrika.  Die voorbereiding daarvoor begin eersdaags en die besoek vind in die Junie-vakansie plaas.

Organiseerder:  Marina Le Roux

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.



School-Communicator

Volledige kontak-besonderhede ...

Fondsinsameling

Fondsinsameling-inligting

Maak 'n bydrae ...

Paarl Gim Video

My School