Gimnasium het jaarliks vier geleenthede waartydens die WP Bloedoortappingsdiens ‘n bloedskenkklinniek by die skool kom hou. Leerders wat 16 jaar oud is, 50 kg weeg en nie medikasie gebruik nie, kan bloed skenk. Vanjaar begin ‘n “peer project” waar leerders aangemoedig word om ‘n nuwe skenker na ‘n bloedskenkgeleentheid saam te bring.
Die grootste waarde van bloedskenk lê daarin dat Gimmies reeds van jongs af die geleentheid kry om ‘n positiewe bydrae tot die gemeenskap te maak. Navorsing toon dat jong skenkers gereeld skenk nadat hulle die skool verlaat het.
Tydens die afgelope Desembervakansie het die Suid-Afrikaanse Bloedoortappingsdiens telkens ‘n tekort aan bloed gehad. Leerders kan dus gedurende vakansietye oral in Suid-Afrika help om hierdie tekort aan te vul.
Die bloedskenkgeleenthede vind op die volgende datums in Huis McFarlane se ontspanningsaal plaas:

- 28 Januarie 2013
- 22 April 2013
- 22 Julie 2013
- 14 Oktober 2013