Nadia Herbst (Hierdie jaar G12) - Mej Interskole 2012 is gekies as een van die streeks finaliste om die Westelike Provinsie te verteenwoordig by die nasionale finale glansgeleentheid vir Mej Jnr Suid Afrika wat plaasvind April maand in Pretoria.By hierdie glansgeleentheid het sy nie net die kans om mee te ding saam ander finaliste van regoor Suid Afrika nie, maar sy staan ook die kans om die grootste titel naas Mej SA in Suid Afrika te wen.
Nadia berei voor vir hierdie kompetisie by die plaaslike modelskool, Ace Models Paarl.
“Sterkte Nadia, ons weet jy gaan ons trots maak - Gimmies”






