Woensdag 20 Februarie vertrek die seuns en dogters tennis spanne van Gimnasium na Cradock in die Oos Kaap om deel te neem aan die Tjaart Vorster tennistoernooi.

Gimmies het die toernooi met 2 doele voor oë aangepak:
1) om die trofee te verdedig
2) om die toer ten volle te geniet.

Die dogters se kompetisie het bestaan uit 5 skole wat elk teen mekaar meegeding het. Die skool met die hoogste punte na die 4 wedstryde sou as die wenners aangekondig word. Alhoewel daar geen finaal gespeel is soos by die seuns se afdeling nie, is die laaste wedstryd, teen Cradock, wel as 'n finaal beskou aangesien die punte verskil voor die wedstryd slegs 9 was. Cradock was die Gimmies se sterkste kompetisie, maar Gimmie guts het weereens geseëvier.

Uitslae is as volg:
Gim dogters wen
27-0 teen Outeniqua
26-1 teen Voortrekker
25-2 teen Gill College
21-7 teen Cradock

Die dogters het weereens bewys dat 'n individuele sport 'n spanpoging kan wees en welverdiend as wenners uitgetree.

Gimnasium seuns wen
27-0 teen Gill College
24-3 teen Boland Landbou Skool
27-0 teen Daniël Pienaar
en in 'n ongelooflike wedstryd teen die tuis span Marlow waar die seuns 12-6 agter was en al 3 dubbels wedstryde moes wen om deur te gaan na die finaal, het die seuns dit gedoen deur 7 wedstryd punte suksesvol te verdedig in een van die dubbelwedstryde, was dit wel gedoen en kom te staan teen Oakdale in die finaal.
Op die dag was Oakdale net te sterk en verloor ons 16-8

Vir sommige was die toernooi 'n eerste, vir sommige was dit 'n laaste, maar vir elkeen was dit verseker een om vir altyd te onthou. Dankie vir julle puik gedrag op en langs die baan. Julle het Gim se naam te alle tye hoog gehou. Ons is baie trots op julle. Dankie vir elke bietjie lag, elke bietjie huil en elke bietjie lag-tot-jy-huil oomblikke.

Dankie ook aan die seuns vir hulle goeie gedrag en maniere teenoor ons skoner geslag.

Mnr Michau, dankie vir die plaasuitstappies, meneer se motivering en sommer net vir meneer se "daar wees" vir elkeen van ons.

Juf. Swart, baie dankie vir rol wat juffrou vervul het in die toernooi, juffrou se liefdevolle onderteuning, motivering en tennis kennis!! Ons glo dis die eerste van vele meer toere saam juffrou.

Die wat nie daar was nie: jy't uitgemis.
Die wat graag daar wil wees in die toekoms: hou aan oefen!
Die wat wel daar was: what happens in Cradock, stays in Cradock!

Sien nog foto's in die Foto Galerye

Borge


   
   
   
   

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

   

School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

Fondsinsameling

Fondsinsameling-inligting

Maak 'n bydrae ...



Gebruik GIM as jou verwysing en help sodoende fondse genereer vir ons skool. 

www.thelunchbox.co.za

2014 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2014 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video

My School