
Mnr. Eddie J. Bateman is vanaf 1 Januarie 2013 as skoolhoof by Gim aangestel. Hy was hoof van die Hoërskool Klerksdorp en Gim sal die derde pos as hoof wees wat hy beklee. Sy uitstaande kwalifikasies getuig daarvan dat hy goed toegerus is vir die groot taak wat vir hom voorlê. Sy studies sluit die volgende in:
- B.Sc.(Fisika & Wiskunde) by Tukkies
- NHOD by UNISA
- B.Ed.(Honns.) by PUK
- MBA by PUK (Potchefstroomse Besigheidskool)
Hy en sy eggenote, Anita, is 25 jaar getroud en hulle het drie seuns. Die twee ouer seuns is op universiteit terwyl Dieter, die jongste, tans in gr. 10 is.
Anita is ‘n onderwyseres en doseer Engels.
Ons vertrou dat hulle ‘n lang en gelukkige verbintenis met Gimnasium sal hê en glo dat hy die tradisies van ons skool, wat volgende jaar 155 jaar oud is, sal laat voortleef.






