Vir 'n diagramatiese voorstelling van die ouditorium se
uitleg, kliek
hierOm ons fasiliteite te huur, kliek hier
| Ontvangs & verwelkomingslokaal |
   |
Vir 'n diagramatiese voorstelling van die ouditorium se
uitleg, kliek
hier
Rango's Kafeteria
|
 Rango's is weeksdae vanaf 07:00 - 19:00 oop en verskaf ligte etes en nodige skryfbehoeftes aan leerders, die personeel en ouers. Dit is ook tydens sportgeleenthede oop. |
Kalahari Visser Gimnasium
|
Sedert 2010 het Paarl Gimnasium 'n sportwetenskaplike wat in beheer van die Kalahari Visser Gimnasium is. Sy bestuur van die gimnasium behels die opknapping, stelselmatige aankope van alle nodige apparaat en die instandhouding daarvan.
Hy is ook verantwoordelik vir kondisionering van sportspanne en individue in die gimnasium. Tesame met die WPRU word daar gepoog om ‘n kondisioneringskurrikulum te gebruik wat van toepassing is op sportpersone vanaf o.14- tot o.19-vlak. Dit behels die stelselmatige aanleer van bewegingspatrone en funksionele bewegings sodat leerders veilig en effektief kan oefen. Die doelwit is op 'n oefenkultuur by leerders te skep.
Kinders oefen in groep- en spanverband. Spesifieke oefentye is vir groepe geskeduleer waarin hulle oefenprogramme ontvang en dit onder streng toesig voltooi.
Hierdie stelsel vorm deel van 'n langtermynvisie om leerders se fiksheids- en vaardigheidsvlakke progressief oor ‘n paar jaar te ontwikkel. Leerders word gemonitor, ontwikkel en in 'n gimnasiumomgewing opgevoed.
Die gimnasium is van Maandag tot Vrydag (07:30-20:00) vir die leerders en publiek beskikbaar.
|
Carel Redelinghuys Sentrum (Binnenhuisesportsentrum)
|
   |
Huis Kalahari Visser
|
Die hoofgebou van die Gim-koshuis, soos dit bekend gestaan het, is in 1934 ingewy. Tot 1971 is graad 8- tot 10-seuns daar gehuisves.
Vanaf 1972 tot 2004 staan dit as Huis Robert Möhr bekend en word deur Hoërskool Labori beheer.
In 2005 neem Hoerskool Gimnasium weer beheer van die koshuis en Gimnasiumseuns word in die anneks gehuisves.
Huis Kalahari Visser, soos dit van 2006 bekend staan, huisves drie-en-dertig graad 8- dogters in die anneks en agt-en-vyftig graad 8-seuns in die hoofgebou.
Die anneks, 'n enkelverdieping, is in 1938 gebou. In 1953 word 'n tweede verdieping aangebou.
| Oudsuperintendente |
| 1934 – 1952 : |
JGL Slabbert (Pappa) |
1964 – 1965 : |
HJ Hugo |
| 1953 – 1957 : |
J Hougaard |
1965 – 1969 : |
Bokkie Blaauw |
| 1958 – 1961 : |
DH Engelbrecht |
1970 – 1971 : |
Johan Botha |
| 1962 : |
GJ Mostert |
2005 : |
Kosie Slabber |
| 1963 : |
Mnr Du Pisanie |
2006 -2008 : |
S Reinhardt |
|
Huis McFarlane
|
Huis McFarlane bied losies aan seuns en dogters op 'n weeklikse of kwartaallikse basis. Die koshuisgebou is teenaan die skoolgebou en leerders het toegang tot al die sport-, kultuur en vereningingsfasiliteite wat die skool bied.
Akkommodasie: Graad 9-12 170 dogters en 210 seuns Koshuishoofkantoor: 021-872 3870 Administrasie: 021-872 4409 Faks: 021-872 7585 Superintendent (na ure): 021-872 7587 Adjunksuperintendent (na ure): 021-872 5925
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
E-pos:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
|