
Voor: Elise van der Walt, Lianda du Plessis (o.hoofdogter), Suzaan Jacobs (hoofdogter), JP Britz (hoofseun), JD du Toit (o.hoofseun), AJ van As
Tweede ry: Marlise Scheepers, Bridget van Zyl, Amoré Conradie, Sarlene Engelbrecht, Lana du Plessis
Derde ry: Marie Briers-Louw, Jacolëne Grobbelaar, Suné Carstens, Uleen Lategan, Surisca de Vos, Deandi van der Vyver, Felrie Oettlé, Suzanne Myburgh
Vierde ry: Wyatt Murphy, Pieter Labuschagne, Brendon Nell, Darren Baron, Jan-Willem Mouton,
Evert Bredenhann, Jason-lee le Cordeur
Agter: Hannes van Zyl, Stefan Koen, Johan Momsen, Morné Lambrechts, Edrich-John Pretorius, Ockert Douglas, Henk van Rhyn
Aktiwiteite waarvoor die studenteraad verantwoordelik is:
- Die studenteraad dien as ‘n skakel tussen die leerders en die bestuur van die skool. Die leerders kan hul klagtes en versoeke via die studenteraad aan die bestuur van die skool rig.
- Hulle is ook, saam met die onderwysers, verantwoordelik om toe te sien dat die skool se reëls en regulasies nagekom word en dat orde te alle tye in die skool (en by skoolaktiwiteite) gehandhaaf word.
- Die leerlingraad probeer om ‘n gesonde gees in die skool te handhaaf en om dit te verseker bied hulle verskeie funksies en aktiwiteite aan sodat die leerders en die onderwysers betrek kan word, bv. ‘n Valentynstee vir die onderwysers, ‘n Valentynsdinee vir die leerders, ‘n Sportaand, ‘n Sportleierskapseminaar, mnr. & mej. Interskole en ‘n studenteraadweek.






