Op Dinsdag 31 Oktober het Gimmies 'n KERSPARTYTJIE vir 120 kindertjies van Butterfly House gehou. Leerders het 'n sirkus tema toneelstuk vir hulle opgevoer, hul gesiggies is geverf en daar is behoorlik baljaar op die springkastele.

Ons het hulle met hope eetgoed bederf (burgers, sappies, gebottelde water, kolwyntjies, spookasem, popcorn en vele meer. Elkeen het ook 'n skoenboks vol geskenkies ontvang.

Die blydskap en waardering op elke liewe gesiggie maak hiérdie projek vir ons meer as die moeite werd! Graag bedank ons elke Gimmie ouer, leerder, onderwyser en vriend wat gehelp het om hierdie wonderlike dag moontlik te maak. Spesiale dank aan jeugleiers Schalk en Yolandi vir hul harde werk.

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

FACEBOOKTWITTERINSTAGRAM

School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2019 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2019 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video

Kwartale vir 2019

My School