Interskole valskermspringers - WEN R10 000

Radio Tygerberg 104fm is weer 'n media vennoot by vanjaar se Paarl Interskole. En om die 104de bestaansjaar van die wêreld se grootste Interskole te vier, kan jy groot kontantpryse wen!

Al wat jy moet doen, is om jou ondersteuning van òf Boishaai òf Gimnasium te wys deur aanlyn op iTickets een of meer van die genommerde blokke waarin die Faurestraat rugbyveld virtueel opgedeel is, te koop teen R25 stuk.

Op Saterdag 3 Augustus gaan twee valskermspringers op verskillende plekke op die veld land en elk 'n vlag plant. Die eienaars van die twee blokke waar die vlae geplant is, stap elkeen met R10 000 weg!

Die wenners sal op die laatste teen Maandag 5 Augustus op sosiale media bekend gemaak word.

Gaan nou na iTickets.co.za en koop vandag nog jou stukkie van die Faurestraat rugbyveld om 'n kans te staan om groot geld te wen, met die komplimente van die Paarl Interskole en Radio Tygerberg 104fm!

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

FACEBOOKTWITTERINSTAGRAM

School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2019 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2019 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video

Kwartale vir 2019

My School