Geagte Ouers, Oudstudente en Vriende


Die jaarlikse Interskole tussen Hoërskool Paarl Gimnasium en Hoër Jongenskool Paarl vind reeds sedert 1915 plaas. Gedurende al hierdie jare het dit slegs in 1928 nie in die huidige vorm plaasgevind nie.

Hierdie jaar sal dus ook as gevolg van Covid-19  'n uitsondering wees. Beide skole het egter besluit om steeds hierdie nalatenskap met 'n spesiale Interskole inisiatief te vier .


Dit behels  die aankoop van 'n Interskole 2020-kaartjie wat aan jou die volgende sal bied:

*        'n spesiale e-kaartjie/sertifikaat met jou naam daarop gedruk - voorwaar 'n versamelaarsitem in 2020

*        kaartjiekopers kry  ook die eksklusiewe reg na 'n aanlynskakel om 'n historiese 10 jaar-Interskole hoogtepuntpakket, aangebied deur twee prominente oudskoliere ( Kobus Wiese en Corne Krige) op 1 Augustus te kyk.

*        kaartjiekopers kom ook in aanmerking  vir 'n gelukkige trekking waar die waarde van die eerste prys  R 10 000.00  sal wees.

Ondersteun asb hierdie inisiatief.

Gaan gerus na die iTickets - skakel hieronder om jou kaartjie te koop en deel te neem.

https://itickets.co.za/events/448124



Paarl Interskole is veel meer as die wedywering van sportspanne op bane en velde. Vir meer as 100 jaar het dit 'n diepliggende betekenis vir almal wat die belange van hierdie skole op die hart dra.

Dit is ons wens dat ons in 2021 weer vir hierdie besonderse geleentheid bymekaar sal wees.


Gim-groete



Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

FACEBOOKTWITTERINSTAGRAM

School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2020 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2020 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video

Geesdans 2020

Gholfdag 2020

My School