Die Nasionale Jeug Musiekkompetisie word reeds sedert 1984 jaarliks aangebied en die doel van die geleentheid is om talentvolle klassieke musici tussen die ouderdomme van 14 en 19 jaar te identifiseer. Die kompetisie skep 'n platform vir leerlinge om blootstelling aan die vereistes wat 'n musiekloopbaan aan solo- en orkes musici stel, te gee.

Na afloop van die oudisies in April is Kyrah Adams, 'n gr.9- leerling van Paarl Gimnasium, as een van 27 landswye kandidate verkies. Baie geluk aan Kyrah met hierdie groot prestasie!

Die kompetisie vind vanaf 3-7 Augustus by die Hugo Lambrechts Musieksentrum in Parow plaas. Die kompetisie vind plaas oor vier rondtes. Alle kandidate neem deel aan die eerste twee rondtes en van daar word leerlinge gekies om deur te dring na rondtes drie en vier.

Ons wens Kyrah alle sterkte toe met die voorbereiding vir hierdie groot geleentheid!

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

FACEBOOKTWITTERINSTAGRAM

School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2021 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2021 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video


Kliek HIER vir video

Strikdas Okkasie


Kliek om te vergroot

Vir meer inligting stuur epos aan: nadine@paarlgim.co.za