



Die Sollie en wecan24.mobi
Die Sollie is Gimnasium se glansblad skooltydskrif. 'n Baie bekwame redaksie sorg vir artikels, resensies, rubrieke, puik foto's, aktuele en sosiale nuus.
Die Sollie is al telkens aangewys as die nasionale wentydskrif in 'n Media24-kompetisie. Ons joernaliste ontvang opleiding en werk hard om 'n tydskrif die lig te laat sien wat Gimnasium se bedrywighede en mense bekend stel.
Die Sollie is vanjaar 42 jaar oud. Die redaktrise is Alexi Hugo en die redaksie bestaan uit 32 leerders van graad 9-12.
Die Sollie word twee keer per jaar uitgegee. Die eerste uitgawe verskyn gewoonlik in April en die tweede uitgawe in Oktober. Leerders kan die harde kopieƫ in hul registerklasse bestel of hulle kan dit aanlyn lees.
Die skakel na die aanlynweergawe is: http://www.netwerk24.com/ontspan/jip/paarlgimnasium