Vier verbeeldingryke, kreatiewe Gimmies wat pryswenners by die MathArt-kompetisie van 2023 was, maak ons ongelooflik trots! Hulle het die volgende toekennings behaal:
 
Anika Bekker: gr.8 - Brons
Jane van der Westhuizen: gr.8 - Brons
Lené Janse van Rensburg: gr.11 - Silwer
Hano Nieuwoudt: gr.12 - Silwer
 
Hano het ook die spesiale toekenning gekry vir die leerling wat vir die volle duur van sy hoërskoolloopbaan vir die kompetisie ingeskryf het, elke jaar na die finale rondte deurgedring het en een van die pryswenners was.
 
Van die kunswerke waarvoor silwer en goud toegeken is, word in Helsinky, Finland, uitgestal.  
 
Soos vantevore genoem, het die nasionale MathArt-kompetisie, aangebied deur Nelson Mandela Universiteit, betrekking op die internasionale tendens om kuns by STEAM (Science, Technology, Engineering, Art and Mathematics) te inkorporeer. Die tema vir die 2023-kompetisie was Mathematics in Africa: past, present and future. Die beoordelaars het uit ‘n paneel van spesialiste bestaan, onder andere ingenieurs, wiskundiges, argitekte, taalkundiges en kunskenners. Die organiseerders beplan om die kompetisie uit te brei om sodoende die ander dissiplines in STEAM ook te akkommodeer.

Baie geluk, Anika, Jane, Lené en Hano. Julle hou Gim se naam hoog.

Toelatings : Nuwe Leerders

Kliek HIER vir inligting t.o.v. TOELATINGS
  • AANSOEKVORM
  • GEDRAGSKODE
  • TERME EN VOORWAARDES

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

FACEBOOKTWITTERINSTAGRAM

School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2024 Kalender vir Ouers

Om die nuutste pdf weergawe van 2024 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video


Kliek HIER vir video

Ma-en-Dogteraand


Tafelbesprekings vir die Ma-en-dogteraand is nou OOP! Matriekouers kry nou 10 dae voorkeur om jul tafels vas te maak waarna die verkope vir die res van die skool oopgemaak sal word. Moenie hierdie spesiale geleentheid misloop nie. Bespreek by Belinda - belinda@paarlgim.co.za

Kliek om te vergroot