'n Wye verskeindenheid van instrumente word by die skool aangebied:
Kontrabas, tjello, viool en altviool, dwarsfluit, saksofoon, trompet, skuiftrompet, tuba, klawerbord, kitaar (elektries en akoesties), ukulele, accordion, tromme, klavier asook sang (lig en klassiek).
Ons orkes/ensemble tree gereeld by funksies en eisteddfods op. Hul sluit elke jaar af deur by die WKOD se jaareind prysuitdelingsfunksie musiek te maak.
Leerders word jaarliks vir Trinity, Unisa en ander musiekeksamens en kompetisies ingeskryf. Leerders vaar uitstekend in hierdie eksamens.
