REDENAARS
Die Redenaars van Paarl Gimnasium neem slegs aan die ATKV-kompetisie deel.
Daar bestaan ‘n groot verskeidenheid redenaarskompetisies. Leerders wat in ander kompetisies belangstel, moet egter self daarvoor inskryf.
Om te kwalifiseer vir deelname (ATKV), moet daar vir die voorbereide, sowel as onvoorbereide afdelings ingeskryf word.
Die temas vir die ATKV-kompetisie vir 2020 se voorbereide toesprake is:
Gr. 8 + 9:
· Lees
· Instinktief
· Seine
Gr. 10 – 12:
· Murg
· Alternatief
· Erodeer
Die datums vir die kompetisie is soos volg:
Interne kompetisie in die skool: Dit sal met leerders gereël word.
Eerste rondte: 16 – 18 Maart, Hoërskool Bellville
Semifinaal: 15 Mei, Hoërskool Bellville
Finaal: 5 Augustus, Buffelspoort
Leerders word in die middag na skool die geleentheid gebied om hul toesprake te oefen.
Vir verdere navrae kontak gerus vir mev. Tania van der Schyf by: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.