2018 Skaakverslag



Gimnasium se skaak het in 2018 ‘n gesonde jaar gehad. Dit het begin met goeie vertonings deur ons 1ste span in die Wynlandse topskole kompetisie. Hier het ons in die 1ste rondte deurgedring as wenners, nadat ons teen skole soos HJS en Hugenote afgereken het. Die span het toe algeheel 3de geeindig in die Kaapse wynland topskole distrik.

Tydens interskole het die B-span ongelukkig verloor. Die A-span het besonderse “gimmie-guts” getoon, nadat ons 0-4 agter was na 4 wedstryde. Die oorblywende 4 gimmies het dit toe teruggetrek deur die wedstryd gelykop 4-4 te laat eindig. Ons is ook trots op Anke Claassen en Daniël Briers-Louw wat deelgeneem het aan die Wes-Kaapse Skole Skaak Kampioenskappe. Anke het hier ‘n 1ste plek behaal. Sy is ook gekies om die Westelike Provinsie te verteenwoordig in Desember. Welgedaan

L. Jordaan
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Skaak-organiseerder

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

FACEBOOKTWITTERINSTAGRAM

School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2019 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2019 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video

Opedag 2020

Gholfdag 2020

My School