Die primêre taak van hierdie Raad is om as skakel te dien tussen leerders, onderwysers en skool se beheerliggaam. Die Raad bied geleentheid vir leierskapsontwikkeling op verskeie terreine.
Die Raad word verdeel in verskeie komitees, elk met sy eie werksaamhede. Die openbare komitee is verantwoordelik vir die organisasie van sosiale uitstappies en byeenkomste soos sokkies. Die Gim-instrukteurs is verantwoordelik vir die welsyn en maklike inskakeling van nuwe leerders wat deur die jaar by die skool aansluit. Vergaderings word op gereelde basis in die Studenteraadskamer gehou.