2024
Wedstryd Uitslae Januarie 2024
Paarl Gimnasium het altesaam 12 krieketspanne, vyf o19, drie o15 en vier o14. Ons het 3 krieketvelde en dan 2 turfnette en 7 sement nette waarop ons seuns kan oefen. Ons o19 A en B , 15A en 14A spanne speel almal Saterdae wedstryde wat oor 50 of meer beurte aan n kant beslis word. Ons laer spanne speel almal in die week en die wedstryde word oor 20 beurte beslis.
Paarl Gimnasium is baie gelukkig om spreiligte tot ons beskikking te hê en daar word vir al die hoofspanne, 19A, 19B, 15A en 14A ten minste een aand wedstryd per jaar gereel.
Ons het in 2018 altesaam 5 Boland spelers opgelewer, nl. Garreth Wolmarans (o19), Jan-Pagel Hanekom, Jayhden Rondganger, Keanu Coetsee (almal o15) en Bianca Laubscher (o19 meisiespan)
Kontakpersoon: John Loxton - Krieketorganiseerder: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.