
Interskole valskermspringers - WEN R10 000
Radio Tygerberg 104fm is weer 'n media vennoot by vanjaar se Paarl Interskole. En om die 104de bestaansjaar van die wêreld se grootste Interskole te vier, kan jy groot kontantpryse wen!
Al wat jy moet doen, is om jou ondersteuning van òf Boishaai òf Gimnasium te wys deur aanlyn op iTickets een of meer van die genommerde blokke waarin die Faurestraat rugbyveld virtueel opgedeel is, te koop teen R25 stuk.
Op Saterdag 3 Augustus gaan twee valskermspringers op verskillende plekke op die veld land en elk 'n vlag plant. Die eienaars van die twee blokke waar die vlae geplant is, stap elkeen met R10 000 weg!
Die wenners sal op die laatste teen Maandag 5 Augustus op sosiale media bekend gemaak word.
Gaan nou na iTickets.co.za en koop vandag nog jou stukkie van die Faurestraat rugbyveld om 'n kans te staan om groot geld te wen, met die komplimente van die Paarl Interskole en Radio Tygerberg 104fm!


Wenners! Ons eerste netbalspan wen die Wildeklawertoernooi 28-27 vs Sentraal. Baie geluk aan elke speler, afrigter, ouer en ander ondersteuners!

HERNASIEN-UITSLAE is by die skool by ONTVANGS beskikbaar.
Indien jy 'n hoër simbool in 'n vak behaal het, kwalifiseer jy vir 'n terugbetaling van R105 vir daardie vak.
Indien jy vir 'n terugbetaling kwalifiseer, moet 'n BAS-vorm (ook by Ontvangs beskikbaar) voltooi word en deur jou bank gestempel word. Die OORSPRONKLIKE vorm moet aan die onderwysdepartement besorg word Attention: Mrs N Kanase, WCED, Private Box X9114, Cape Town, 8000. Navrae kan ook aan mrs Nompumelelo Kanase Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. gerig word (telefoon 021-467 2952).
