

Wenners! Ons eerste netbalspan wen die Wildeklawertoernooi 28-27 vs Sentraal. Baie geluk aan elke speler, afrigter, ouer en ander ondersteuners!

HERNASIEN-UITSLAE is by die skool by ONTVANGS beskikbaar.
Indien jy 'n hoër simbool in 'n vak behaal het, kwalifiseer jy vir 'n terugbetaling van R105 vir daardie vak.
Indien jy vir 'n terugbetaling kwalifiseer, moet 'n BAS-vorm (ook by Ontvangs beskikbaar) voltooi word en deur jou bank gestempel word. Die OORSPRONKLIKE vorm moet aan die onderwysdepartement besorg word Attention: Mrs N Kanase, WCED, Private Box X9114, Cape Town, 8000. Navrae kan ook aan mrs Nompumelelo Kanase Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. gerig word (telefoon 021-467 2952).


ALLE DAMES word vriendelik uitgenooi na 'n heerlike saamkuier! Vir 'n spesiale oggend van samesyn en skaterlag. ALMAL WELKOM (oud-Gimmie dames, Gimmie mammas, Gimmie ouers en énige vroulike Gimmie ondersteuners van ons skool) Kontak 021 8729114 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.