
Sedert 1972 ’n trotse tuiste vir Graad 10- tot 12-leerders
Op 1 Januarie 1972 het Huis McFarlane sy deure vir sy eerste inwoners oopgemaak.
Huis McFarlane se gebruike en tradisies steun swaar op die skool se geskiedenis. Die koshuiswapen en die hoofseun en -dogter se lapelwapen is ook die familiewapen van die McFarlane-clan. Huis McFarlane het sy eie vlag – deur Lucia Cabbalero ontwerp en gemaak. Die koshuis het sy 50ste bestaansjaar in 2022 luisterryk gevier.