
Paarl Gimnasium, waar ons uitnemendheid ‘n lewenswyse maak.
Kultuur by Paarl Gimnasium is lewendig, sprankelend en ’n kerndeel van ons identiteit. Dit bied leerders die geleentheid om hul kreatiwiteit, talent en selfvertroue te ontwikkel deur ’n verskeidenheid kuns- en kultuuraktiwiteite.
Redenaars, debat, musiekblyspel, toneel, kultuurweek, idiomepret, skryfkuns en joernalistiek, interskole-orkes, kamerkoor, marimbagroepe, orkes, en die media- en klankspan.
Ons neem jaarliks aan drie groot kompetisies deel, insluitend die Silwervaringfees en ATKV-toneelkompetisie. Graad 10–11-leerders skryf en voer eie toneelstukke op, en ’n toegewyde tegniese- en beligtingspan ondersteun al die produksies.
Uitblinkers by Paarl Vallei, Stellenbosch en ConSpirito eisteddfods: Die Sollie, ons digitale publikasie, bied ’n platform vir jong joernaliste en skrywers.
Hoogtepunte sluit in die Soirée, Aandklanke en GALA-Afsluitingskonsert. Ons orkes tree in die Endlersaal saam met die Stellenbosch Jeugsimfonie-orkes op. Die sangensemble, marimbagroepe, en nuwe musiekafrigters versterk Gim se musiekerfenis.
’n Jaarlikse viering van kreatiwiteit en samehorigheid met die Interskole Kultuuraand saam met HJS en HMS, en die gewilde Gim Skouspel.
Liefling – ’n sprankelende produksie wat musiek, toneel en Gim-gees perfek kombineer.